Zweli Mkhize het blykbaar druk op amptenare gesit om vir Digital Vibes die berigte kontrak ter waarde van R150 miljoen te gee.

June 28, 2021

||||

Die President sal ‘n volledige verslag oor die ondersoek na korrupsie in die Departement van Gesondheid later die week ontvang.

Die Spesiale Ondersoekeenheid maak reg om later hierdie week ‘n verslag aan President Cyril Ramaphosa te gee waarin ‘n ondersoek na korrupsie in die Departement van Gesondheid uiteengesit sal word. Dit kom nadat ‘n maatskappy, Digital Vibes, a tender ter waarde van R150 miljoen gewen het. By nadere ondersoek lyk dit asof die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, verwant is aan Digital Vibes. Alhoewel die minister aanvanklik aangevoer het dat hy nie betrokke by die tenderproses van sy department is nie, het die Sunday Times berig dat hy wel druk op amptenare gesit het om seker te maak Digital Vibes wen wel die tender. Mkhize het nie op die publikasie se versoek op reaksie reageer nie.