Dit is YouTube se reaksie op die gewildheid van TikTok.
YouTube se nuwe Shorts is nou in Suid-Afrika beskikbaar. Met die nuutste update van die YouTube app sal Suid-Afrikaners nou toegang kry tot die Shorts creation tools. Hierdie funksies laat vir mense toe kom hulle eie kort videos vir YouTube Shorts te maak. Shorts is in 2020 aangekondig en dit is basies soos TikTok – mense kan kort, vermaaklike video’s maak waardeur daar vinnig gescroll kan word. Dit is tans net in 100 lande beskikbaar, maar dit belowe om vir creators ‘n interessante nuwe lys moontlikhede te gee om inhoud spesifiek vir hulle audiences op YouTube te skep.