WhatsApp sal users stelselmatig begin blok wat nie hulle nuwe termes en voorwaardes aanvaar het nie

May 13, 2021

Users het tot 15 Mei om die aanvaarding te gee.

WhatsApp users het tot 15 Mei toe om hulle nuwe privacy settings te aanvaar. Indien hulle dit nie doen nie sal WhatsApp users stelselmatig begin blok om boodskappe te stuur en te ontvang. Die besluit is anders as hulle aanvanklike besluit om users net dadelik van die app af te haal. Die proses werk nou so dat daardie persone wat nie die termes en voorwaardes aanvaar nie sal vir ‘n ruk net beperkte funksionaliteit kry. Daarna sal die app ophou notifications vertoon en uiteindelik sal die app net ophou werk. Die hele proses sal ‘n paar weke neem om vir users die kans te gee om hulle toestemming steeds aan WhatsApp te verleen om inligting met Facebook te deel.