Wes-Kaapse politikus, JP Smith, gaan dalk deur die ANC gedagvaar word.

June 14, 2021

|||

Dit kom nadat hy die jongste persoon is wie blykbaar gejok het oor sy kwalifikasies.

Die DA is vir die afgelope paar weke sukkelend met hulle lede wat blykbaar lieg oor hulle kwalifikasies. Die jongste politikus wat sulke klagtes in die gesigstaar is die Wes-Kaapse Mayco-lid, JP Smith. In die biografie op sy CV noem hy dat hy ‘n honneursgraad in Engels het. Maar, volgens Stellenbosch Universiteit het Smith glad nie so kwalifikasie voltooi nie. Senior lede van die ANC wil nou vir Smith dagvaar oor hierdie valse stelling. Smith meen egter dat daar geen gronde vir strafregtelike stappe is nie en dat die woord “incomplete” voor die graad uit sy CV gehaal is deur die persoon wat sy CV geproeflees het. Die DA is self ook besig met ‘n interne ondersoek om seker te maak dat top-politici se CV’s wel akkuraat is.