Voëlgriep is gevind by ‘n hoenderplaas in Johannesburg

April 19, 2021

||

Sekere lande het die invoer van Suid-Afrikaanse pluimvee tydelik verban.

‘n Hoender plaas net buite Johannesburg het gevalle van voëlgriep aangemeld. Volgens die Departement van Dieregesondheid is hierdie griep hoogs aansteeklik en baie gevaarlik. Meer as 300 hoenders is reeds afgemaak en begrawe nadat dit bevestig is dat hulle wel die virus het. Die effek van die aankondig beteken dat ander lande reeds die invoer van Suid-Afrikaanse pluimvee vir tyd en wyl gestaak het om te keer dat die griep hulle grense binnekom. Volgens kenners is die land egter gereed om die virus te bekamp, aangesien daar in 2017 ‘n groot aantal gevalle van die griep ook in die land was.