Dit sal vir besighede die kans gee om hulle eie “mini-apps” te kry.
Vodacom het die week aangekondig dat hulle ‘n nuwe “super app” binne die volgende paar maande bekend sal stel. Die platform kom na ‘n onlangse vennootskap met Alipay gesluit is – die grootste betalingsplatform in China. Die idee van die app is dat dit ‘n spasie bied waar klein besighede hulle eie “mini-apps” kan plaas, sodat hulle klante so kan bereik. Groot maatskappye soos Massmart (wat Game en Builders’ Warehouse besit) het aangedui dat hulle die ankerhuurders op Vodacom se super app sal wees.