TikTok user call vir Kim Kardashian uit oor die sizing van haar SKIMS-collection

March 24, 2021

In die video trek die vrou “large” SKIMS underwear aan, maar dis baie duidelik dat dit glad nie large is nie!

‘n TikTok user het ‘n video gepost waar sy vir Kim Kardashian uit call oor die sizing van haar SKIMS-collection. Die vrou, Mik Zazon, het ‘n large SKIMS panty bestel, maar toe dit aankom, kon sy nie glo hoe klein dit is nie. Mik noem in die video dat sy gewoonlik ‘n small/medium dra en dat die SKIMS large item glad nie vir haar pas nie. Sy trek die onderklere aan in die video om te wys hoe belaglik tight dit aan haar sit. In die caption van haar post het sy geskryf, “Kim really thought this was okay!”. Kyk die video hier.

@mikkzazon

KIM REALLY THOUGHT THIS WAS OKAY 😩😂

♬ original sound – Mik Zazon