Die omstandighede rondom die dood van Lindani Myeni word nog ondersoek.
Oor die naweek is Lindani Myeni, ‘n Suid-Afrikaanse man wat met ‘n Amerikaanse vrou getroud was, doodgeskiet in Honolulu deur lede van die polisie. Die polisie het beeldmateriaal van die skietery bekendgestel tydens ‘n perskonferensie waar Myeni hulle platduik en met die vuiste bydam. In reaksie hierop het ‘n polisielid 3 skote afgevuur wat vir Myeni gedood het. Myeni se familie meen dat die insident onnodig was en dat dit ‘n geval van polisiegeweld is. Die polisie voer egter aan dat die lede korrek opgetree het en dat Myeni vir hulle in gevaar gestel het. Die polisie het uitgekom na die huis waar die skietery gebeur het nadat die eienaars gebel het en aangevoer het dat Myeni besig is om by hulle in te breek. In die beeldmateriaal is dit duidelik dat die polisie nie aangekondig het dat hulle polisielede is nie en hulle het skerp mag-ligte geskyn, wat dit moeilik sou maak vir Myeni om te sien wie die persone wat hom dreig is. ‘n Ondersoek rondom wat gebeur het is tans onderweg.