Hulle wil hê die regering moet belowe om nie weer alcohol bans in te stel nie.
Suid-Afrikaanse Brouerye het ‘n ruk gelede aangekondig dat dit van plan is om sekere beleggings in die land te onttrek nadat die regering verskeie verbode op die verkoop van alkohol ingestel het. Dit het daartoe gelei dat die drankbedryf tot op sy kniee gedwing is. SAB het egter onlangs aangekondig dat hulle dit oorweeg om hulle beleggings in Suid-Afrika te hou, maar dit kom met ‘n voorwaarde. Die drankreus versoek van die regering om te belowe dat hulle nie weer alkohol verbode sal instel nie. Hulle meen dat hulle sekerheid oor die langtermyn beleid oor alkohol in die land het, selfs te midde van die COVID-19 pandemie.