Dis ‘n media player vir jou kar, soortgelyk aan Apple CarPlay.
Spotify het ‘n nuwe fisiese produk bekendgestel, “Car Thing”. Die produk is basies ‘n media player wat jy in jou kar kan opstel. Dit het ‘n raakskerm en lyk amper soos Apple CarPlay of Android Auto.
Dit werk met Spotify Premium accounts en is bedoel om jou kar so infotainment-sisteem te raak. Dis blykbaar gemik op ouer karre wat nog nie self sulke spelers ingesluit het nie. Tans is dit net in Amerika beskikbaar, maar daar is planne vir ‘n groter vrystelling binnekort.