SpaceX stuur nog 52 satelliete die ruimte in.

May 18, 2021

Die vuurpyl wat hulle gebruik om die satelliete te stuur het ook in een stuk weer op aarde geland.

SpaceX het oor die naweek nog 52 satelliete vir hulle Starlink internet-sisteem die ruimte ingestuur. Hulle het die Falcon 9 gebruik om die satelliete na die ruimte te neem. Die vuurpyl het later weer veilig op aarde in die see geland.

 

 

 

Hierdie was die 8ste vlug vir die Falcon 9, wat ook onlangs ruimtevaarders na die ruimte geneem het. Deel van SpaceX se missie is om vuurpyle te maak soos Falcon 9, wat meer as eenkeer gebruik kan word. Gewoonlik sou vuurpyle net een versending kon deursien. SpaceX will teen 2027 meer as 40 000 satelliete in die ruimte kry vir die Starlink-stelsel.