SpaceX se Starlink kan dalk in alle lande teen September beskikbaar wees.

June 24, 2021

||||

Hulle het reeds duisende satelliete in die ruimte.

SpaceX se Starlink-internet verbinding kan dalk in alle lande teen September gereed wees. So het die maatskappy gemeen na ‘n onlangse perskonferensie. Volgens SpaceX het hulle al meer as 1 800 satelliete in die ruimte wat die internet toegang moontlik maak. Dit beteken hulle is tegnies voor skedule en kan met gemak mik om teen September globale Starlink internet aan te skakel. Starlink moet wel in elke land waar dit internet beskikbaar gaan maak eers toestemming by die regering kry en hulle moet voldoen aan verskeie regulasies. Daar is dus ‘n kans dat hulle in sekere lande gaan sukkel om teen September gereed te wees. Suid-Afrikaners kan nou reeds op Starlink se webtuiste ‘n deposito betaal om die internetverbinding te gebruik sodra dit beskikbaar word.