Skole heropen vandag, maar…

February 15, 2021

||

Meer as 25 000 leerders is steeds nie geplaas nie.

Skole regoor Suid-Afrika het vandag hulle deure vir leerders oopgemaak vir die begin van die eerste kwartaal van die 2021 akademiese jaar. Dit kom na die heropening van skole in Januarie uitgestel is weens die Koronavirus. Alhoewel meeste leerders vandag teruggaan skool toe, is daar meer as 25 000 leerders wat nog nie in skole geplaas is nie. Minister van basiese onderwys, Angie Motshekga het tydens ‘n perkonferensie gister onthul dat sy die provinsiale departemente opdrag gegee het om ouers ophoogte te hou van vordering wat plasings betref. Die Wes-Kaap en Limpopo het die meeste ongeplaaste leerders in die land.