Die items was onlangs uitgestal in Sandton.
Suid-Afrikaanse ontwerpers het onlangs ‘n uitstalling in Sandton gehou waar hulle klere wat geheel en al van winkelsakkies gemaak is, gewys het. Die idee van die uitstalling was om die klem op volhoubaarheid te plaas. Nicci, Lush, Shoetopia, Sunglass Hut, Poetry, Roberto Botticelli, Factorie, Skins Cosmetics, Daniel Wellington, Krispy Kreme, Woolworths, Grand Prix en Lindt is van die handelsmerke wat deelgeneem het.
Hulle het sakkies gegee waarmee die ontwerper, Franz Grabe, unieke items gemaak het. Ander ontwerpers soos Gert-Johan Coetzee het ook items uitgestal wat van volhoubare materiaal gemaak is. Die klere wat op uitstalling was sal alles nou verkoop word.