Sekere dele van die land ervaar hulle derde golf van COVID-19 infeksies.
Die minister van gesondheid het oor die naweek genoem dat die land heel moontlik weer strenger inperkings sal moet instel namate die derde golf infeksies deur Suid-Afrika beweeg. Sekere provinsies soos Gauteng is amptelik besig om hulle derde golf in die gesig te staar. Zweli Mkhize het vir burgers aangeraai om nie paniekerig te raak nie. Hy meen dat hulle bloot sekere beperkings moet herinstel sodat die derde golf beter beheer kan word. Sommige kenners meen die beperkings sal vernaam geleenthede wat binne in venues aangebied word beperk.