Meer as 6 000 mense is geaffekteer na erge storms in die Kaap.

July 5, 2021

Die Stad sal vandag ‘n volledige verslag oor die skade bekendmaak.

Na ‘n week van erge stormweer in die Kaap en ander dele van die Wes-Kaap is meer as 6 000 mense daardeur geaffekteer. Talle mense se huise het weggespoel of dit is so beskadig dat dit tans onleefbaar is. Volgens die Stad is die grootste skade in die metropool, maar ander dele van die provinsie is ook geraak, soos Stellenbosch en ander dorpe in die Wynland. SASSA is tans besig om kospakkies aan die wat deur die storms geraak is, uit te deel. Die Stad meen hulle is hard aan die werk om die skade te herstel en om seker te maak dat infrastruktuur optimaal funksioneer om stormwater weg te voer. Volgens die weervoorspelling is die ergste storms nou eers verby. Die Stad sal vandag ‘n volledige verslag oor die skade bekend maak.