Leeukop het gister gebrand, maar die brandweer het vinnig reageer.

June 21, 2021

Hulle het die brand vinnig onder beheer gekry en stop gesit.

Gister het ‘n brand op Leeukop begin, maar te danke aan die brandweer se vinnige reaksietyd kon hulle die vlamme beheer en spoedig stop sit. Dit is nog nie presies duidelik hoe die brand begin het nie. Leeukop is sedert 6 Junie gesluit as gevolg van die strawwer inperking. Daar was wel blykbaar gister ‘n noodredding gedoen op Leeukop kort voor die brand begin het. Die brandweer het bevestig dat hulle deur die loop van vandag (Maandag) ‘n amptelike verslag sal saamstel en beskikbaar maak oor die oorsaak van die brand. Daar is gelukkig geen skade aan eiendom nie.