Kobe Bryant se familie beplan die launch van hulle eie brand

April 28, 2021

Dit kom na Bryant se kontrak met Nike tot ‘n einde gekom het en nie hernu word nie.

Volgens verskeie bronne het Nike se kontrak met Kobe Bryant in April vanjaar tot ‘n einde gekom. Volgens Bryant se vrou het Nike besluit om nie die kontrak te hernu nie. Die rede hiervoor is nie duidelik nie en sy vrou meen dat die skoene en klere wat Nike saam met Bryant gemaak het tot vandag toe van die gewildste items in hulle versameling is. Bryant en Nike het in 2003 vir die eerste keer saamgewerk. Bryant se vrou het vanaf Mei 2020 begin om sekere trademarks te registreer en dit lyk asof sy nou reg maak om ‘n nuwe handelsmerk onder haar oorlede man se naam te skep, weg van Nike of enige ander groot modehuis. Volgense Bryant se familie was dit een van sy drome om sy eie onafhanklike klerereeks te vervaardig.