Kendall Jenner kry ‘n restraining order teen man wat kaal in haar pool swem

April 6, 2021

Die man het blykbaar twee keer by haar en haar suster, Kylie, se huis opgedaag.

Kendall Jenner het ‘n restraining order gekry teen ‘n man, Shaquan Kin, nadat hy glo kaal in haar swembad gechill het voordat haar security hom gevang het. Die man het apparantly in haar tuin ingebreek, sy klere uitgetrek en in die pool geklim. Hy is later gearrest, maar hy was vir minder as ‘n dag in die selle. Toe hy uitkom het hy na Kendall se suster, Kylie, se huis gegaan. Daar het hy blykbaar vir Kylie gestalk voordat sy weer die polisie gebel het. Na die insident het Kendall ‘n court application ingesit vir ‘n restraining order wat sy gekry het. Kendall het reeds op ‘n ander stadium ‘n restraining order teen ‘n ander man gekry en na ‘n safe house getrek nadat polisie haar gewaarsku het dat die man van plan was om almal in haar huis te skiet.