Pryse begin by R14 miljoen per bottel.
As deel van ‘n eksperiment het wetenskaplikes 12 bottels wyn na die International Space Station gestuur om vir 14 maande in die ruimte te verouder. Die idee was om te kyk na presies wat die effek op die ruimte sal wees as dit by die veroudering van wyn kom.
Die bottels is nou terug op aarde en kan gekoop word by ‘n veiling. Kenners meen die bottels is so skaars, dat kopers om en by R14 miljoen per bottel kan betaal! Die fondse wat by die veiling gemaak word sal gebruik word om ruimteverkenning aan te help.