Jy kan ‘n trip na die ruimte toe wen met Virgin Galactic!

July 15, 2021

Richard Branson sal ook vir jou ‘n toer van sy Spaceport-gebou gee voor jy opstyg.

Richard Branson het verlede naweek suksesvol na die ruimte gegaan in sy Virgin Galactic ruimtetuig wat bedoel is om trips na die ruimte toe vir gewone mense moontlik te maak. Kaartjies kos op die stadium meer as R3.5 miljoen per persoon, maar, Virgin Galactic het besluit om so paar kaartjies weg te gee! As jy wil inskryf kan jy dit aanlyn doen. Jy kan ook ‘n groter kans staan om te wen deur geld aan ‘n sekere charity te skenk. Sou jy wen sal jy ook gratis vlugte na Spaceport in Mexico kry en jou verblyf sal betaal wees. Richard Branson sal ook self vir jou ‘n toer van sy Spaceport gebou gee. Die gratis vlugte sal volgende jaar plaasvind.