Joe Exotic van Tiger King het prostaatkanker en het vir Joe Biden gevra om hom vry te laat

May 17, 2021

Hy is tans nog in die tronk en het nie ‘n pardon onder die Trump-administrasie gekry nie.

Die Tiger King ster, Joe Exotic, het aangekondig dat hy prostaatkanker het. As sulks het hy vir die Amerikaanse president, Joe Biden, gevra om vir hom ‘n pardon te gee, wat beteken dat hy vanuit die tronk vrygelaat kan word. Joe het onder die Trump-administrasie ook aansoek vir ‘n pardon gedoen, maar hy is dit geweier. Joe het hierdie nuus met sy aanhangers op Twitter gedeel. Volgens sy tweet wil hy huis toe gaan om behoorlike sorg en rus te kry. Hy meen hy is baie siek, dat hy heeltyd naar is en dat hy baie gewig verloor het. Die Amerikaanse presidensie het nog nie op die Tiger King se versoek reageer nie.