Dit sal creators toelaat om hulle audiences beter te verstaan.
Met die nuutste update van Instagram sal creators hulle audiences beter kan verstaan met insights wat nou op Lives en Reels beskikbaar is. Voorheen kon net baie basiese statistieke, soos totale views, op hierdie mediums gesien word.
Die nuwe features sal vir creators toegang gee tot getalle soos reach, engagement, shares en meer as dit kom by hulle Lives en Reels. Creators sal ook kan onderskei tussen wie hulle followers is en wie nie, sodat hulle die inhoud wat hulle maak kan aanpas om hulle audiences te groei.