Sekere areas in Johannesburg en KZN is die ergste geraak.
Na voormalige president Jacob Zuma homself aan die polisie verlede week oorhandig het het daar geweldadige protesaksie in dele van die land uitgebreek wat tot vandag toe nog aan die gang is.
Dele van Johannesburg en KwaZulu-Natal is die ergste geraak. Sekere stakendes het winkels geplunder en trokke aan die brand gesteek as deel van hulle woede oor Zuma se tronkstraf nadat hy ‘n hofbevel geminag het.
Tydens Cyril Ramaphosa se toespraak aan die land gisteraand het hy sy kommer oor hierdie gedrag en misdade uitgespreek. Die polisie meen ook dat baie stakendes die geleentheid gebruik om te steel en skade aan te rig sonder dat daar werklike motivering daarvoor is.
Volgens die polisie is 62 mense al inhegtenis geneem in Johannesburg en KZN vir die skade wat hulle aanrig, maar daar is veel meer kwaaddoeners tans op hol.
Daar is verskillende stories wat tans die rondte doen, soos dat betogers skote na karre afvuur wat op die M2 ry. Ander beweer dat daar klippe gegooi word teen motors wat reis in die KZN-streek.
Politici het ‘n beroep op burgers gedoen om hulle geweld te stop en die heerskappy van die reg te aanvaar.
Lorem Ipsum is simply dummy text of the printing and typesetting industry. Lorem Ipsum has been the industrys standard dummy text ever since the 1500s, when an unknown printer took a galley of type and scrambled it to make a type specimen book.