Maar jy moet ‘n UAE-approved vaccine gehad het om in die land te mag inkom.
Dubai sal vanaf 23 Junie hulle grense oopmaak vir reisigers vanaf Suid-Afrika. Maar daar is een catch. Alle persone wat Dubai van elders wil binnekom moet ‘n UAE-approved vaccine gehad het en ‘n negatiewe PCR-toets wys voor hulle deur customs kan gaan. Volgens die regering in Dubai wil hulle graag weer besoekers verwelkom sonder om weg te doen met die veiligheidsregulasies om COVID-19 te bekamp. Emirates sal vanaf die 23ste Junie ook vlugte tussen SA en Dubai hervat. Dubai was verlede jaar toe internasionale reis weer oopgemaak het ‘n gewilde bestemming vir baie Suid-Afrikaners.