Hy sal op 23 Mei die toekenning ontvang.
Drake sal op 23 Mei aangewys word as Billboard se kunstenaar van die dekade. Volgens Billboard is Drake se prestasies op hulle Top 100 charts wat vir hom hierdie prestasie opgeweler het.
Volgens hulle het hy sedert 2010 die lys gedomineer. Buiten die posisie van sy tracks op die Billboard charts het hulle ook gekyk na social media data en die sentiment wat fans teenoor Drake het – natuurlik is dit oorweldigend positief.
Drake se musiek het vir die eerste hoog gelys op die Billboard-lys in 2009.
Billboard kyk ook na die totale verkope van sy musiek oor die afgelope 10 jaar om te besluit of hy werklik die kunstenaar van die dekade is.
Drake is genomineer vir 7 Billboard-toekennings vanjaar. Een van die pryse waarvoor hy genomineer is “Top Artist”.
Tans het Drake reeds die rekord vir die kunstenaar met die meeste Billboard-pryse – reeds 27 van hulle!
Die vorige kunstenaar van die dekade was Eminem.
Vanjaar se Billboard-toekennings word regstreeks aangebied deur Nick Jonas. Verskeie internasionale kunstenaars soos P!nk, BTS en The Weeknd sal optree by die geleentheid.