Die UN het ‘n verslag vrygestel oor ‘n drone wat mense gejag het sonder dat dit daardie instruksie van sy eienaars af gekry het

May 31, 2021

Kenners meen daar is te min regulasies rondom die gebruik van “killer drones”.

Die United Nations het onlangs ‘n nuwe verslag bekendgestel waarin hulle bevestig dat ‘n drone verlede jaar ‘n menslike teiken gejag het sonder dat dit ooit daardie instruksie van sy eienaars af ontvang het. Die drone het sy kunsmatige intelligensie (AI) gebruik om ‘n teiken aan te val tydens ‘n protesaksie in Libie verlede jaar. 

Dit is blykbaar hoe die drone veronderstel is om te werk – dit moet self gevare raaksien en die regte aksie neem om dit stop te sit. Kenners meen dat die verslag bewys is dat daar meer regulasies rondom die gebruik van “killer drones” moet wees om mense te beskerm teen onregmatige aanvalle.