Didi is verwyder van app stores in China

July 8, 2021

Dit is omdat hulle blykbaar users se data versamel sonder toestemming.

Didi, die gewilde nuwe Chinese app wat basies soos Uber werk, is onlangs verwyder vanaf app stores in die land. Dit kom nadat regulators aangevoer het dat Didi onwettig users se data versamel. Die nuus kom 4 dae na die maatskappy se IPO op die New York Stock Exchange en het daartoe gelei dat die prys van die aandele drasties val. Dit was wel die grootste Chinese IPO vir die eerste helfte van 2021. Die regulators meen dat Didi die foute in hulle app moet regstel wat data versameling betref voordat dit weer op Chinese app stores beskikbaar gemaak sal word.