Dit is deel van hulle “Come as you are” campaign.
Crocs het besluit om Pride Month te eindig op ‘n hoogtepunt deur te partner met queer creatives. Die idee is deel van hulle “Come as you are” campaign wat die afgelope maand gefokus het op inklusiwiteit en aanvaarding van alle mense. Hulle het tyd met elke persoon spandeer wat deel was van die campaign om hulle stories vas te vang. Die stories sal deur die loop van die jaar vrygestel word en hulle hoop dat dit vir mense sal inspireer om gemaklik te voel met wie hulle is. Hulle het ook ‘n reeks pride skoene bekendgestel wat die pride kleure bevat. Die insette van die creatives wat hulle mee gewerk het is gebruik om die eindprodukte te maak. ‘n Gedeelte van die inkomste wat uit die reeks se verkope kom sal geskenk word aan groepe wat LGBTQ-regte bevorder.