Chris Brown party blykbaar te hard oor die naweek

May 11, 2021

Die polisie moes sy b-day party kom stop omdat dinge te wild geraak het.

Chris Brown het oor die naweek sy verjaarsdag gevier met ‘n groot party by sy mansion in Los Angeles. Dinge het so lekker gegaan dat die polisie ontbied is om die vieringe stop te sit. Blykbaar het verskeie bure gekla omdat die party tot die volgende oggend vroeg nog aangehou het en mense vreeslik geraas het. 

 

 
 
 
 
 
View this post on Instagram
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 

A post shared by BREEZY (@chrisbrownofficial)

Die polisie het nie kommentaar gelewer oor hoeveel gaste by die event was nie, maar bure meen daar was tussen 300 en 500 karre wat gaste vir die party kom aflaai het. Blykbaar is niemand gearresteer nie en almal het saamgewerk toe die event stop gesit is.