Alle laerskool leerders kan dalk binnekort voltyds terugkeer skole toe

May 3, 2021

Daar is steeds baie skole wat nie alle leerders elke dag laat skool toe gaan nie.

Alhoewel baie skole soos normaal voortgaan is daar talle skole regoor Suid-Afrika wat nog nie alle leerders elke dag verwelkom nie. Sommige skole deel leerders op sodat hulle daagliks net op 50% of minder kapasiteit is weens COVID-19 regulasies. Die regering het egter aangedui dat hulle dit oorweeg om alle laerskole te verplig om leerders ten volle by skole te ontvang. Daar moet egter nog ‘n besluit hieroor geneem word. Gevolglik kan skole met die begin van die nuwe kwartaal vandag nog hulle leerders roteer.